Groot Paleis van Bangkok

Die Groot Paleis van Bangkok, soos gesien vanaf die oorkant van die Chao Phrayarivier.

Die Groot Paleis (Thai: พระบรมมหาราชวัง, Phra Borom Maha Ratcha Wang[1]) is 'n gebouekompleks in die hartjie van Bangkok, Thailand. Die paleis is sedert 1782 die amptelike woning van die konings van Siam en later Thailand. Die koning, sy hof en sy regering was tot in 1925 in die paleis gestasioneer. Koning Bhumibol Adulyadej (Rama IX) het in die Dusit-paleis gewoon en sy opvolger, koning Maha Vajiralongkorn (Rama X), woon ook daar, maar die Groot Paleis word steeds gebruik vir amptelike geleenthede. Verskeie koninklike seremonies en staatsfunksies word elke jaar daar gehou. Die paleis is een van die gewildste toeriste-attraksies in Thailand.

  1. Royal Institute of Thailand. (2011). How to read and how to write. (20ste uitgawe). Bangkok: Royal Institute of Thailand. ISBN 978-974-349-384-3.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy